Marlene Dietrich

Marlene Dietrich
Marlene Dietrich in No Highway (1951)
Agtergrondinligting
GeboortenaamMarie Magdalene Dietrich
Gebore27 Desember 1901
Schöneberg (Duitsland)
Sterf6 Mei 1992
Parys (Frankryk)
Beroep(e)Sangeres
Aktrise

Marlene Dietrich [maɐˈleːnə ˈdiːtrɪç] (* 27 Desember 1901 in Schöneberg naby Berlyn; † 6 Mei 1992 in Parys; gebore Marie Magdalene Dietrich[1]) was 'n gebore Duitser wat bekend geraak het as 'n aktrise en sangeres.

In die vroeë dertigerjare het sy internasionale erkenning behaal met rolprente soos Der blaue Engel. Sy was dan ook die eerste Duitse aktrise wat 'n suksesvolle loopbaan in Hollywood begin het. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het sy die Verenigde State se militêre optrede teen Nazi-Duitsland gesteun nadat sy reeds in 1939 Amerikaanse burgerskap aanvaar het. Sy het haar ná haar loopbaan aan die openbare lewe onttrek en is in 1992 in haar Paryse woonstel oorlede. Sy is in haar geboortestad Berlyn ter ruste gelê.

  1. oyla4.de, „LS Marlene4ever“, besoek op 25 September 2006

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne